Soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. -1 Pet. 1:15

Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik." -Julle, is die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.

Vroeƫr was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is. Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is, en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak. -En deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.

Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik. -Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.


This free site is ad-supported. Learn more