[New post] 11 Lekker aftrekplekke op die Weskuspad
Guest Author posted: " Geborg: Lus vir 'n lekker reis in 'n mooi omgewing? Jy sal verstom wees oor hoeveel heerlike aftrekplekke daar op die R27 buite Kaapstad (ook bekend as die Weskuspad) is. Weskus Toerisme het 11 van hul gunstelinge uitgesoek. (artikeldatum : 23 Mei 201"
Geborg: Lus vir 'n lekker reis in 'n mooi omgewing? Jy sal verstom wees oor hoeveel heerlike aftrekplekke daar op die R27 buite Kaapstad (ook bekend as die Weskuspad) is.
Weskus Toerisme het 11 van hul gunstelinge uitgesoek. (artikeldatum : 23 Mei 2018)
Ken jy die lirieke van Laurika Rauch: "Dan vat ek die pad uit die bose ou stad. . .?
Selfs met min water is Kaapstad 'n lekker plek, maar dis altyd heerlik om weg te breek vir die naweek. As jy tot dusver die R27, ook bekend as die Weskuspad, beskou het as bloot 'n manier om in die rigting van Namibiƫ te ry, moet jy weer dink.
Weskus Toerisme het 11 aftrekplekke langs die R27 uitgesoek wat jou met ander oƫ na hierdie pad en streek sal laat kyk.
1. Kamp op die see by Ganzekraal
Dis so naby aan Kaapstad (60 km), jy sal nie eens hoef vroeg weg te glip op 'n Vrydag nie. Die Ganzekraal-oord het 46 grasstaanplekke, baie daarvan feitlik óp die see, en 28 chalets met slaapplek vir tot 6 mense.
Die oord het ook geriewe vir troues en konferensies en kan slaapplek vir tot 120 mense in selfsorg-eenhede bied.
2. Kry 'n kultuurervaring by !Khwa ttu
'n Gids by !Khwa ttu
Kom kuier en luister hoe 'n San-toergids jou vertel van die eerste bewoners van Suidelike Afrika. Jy sal ook meer leer oor medisinale plante en sien hoe jy vuur met twee stokkies kan maak.
No comments:
Post a Comment