As jy weifel op die dag van nood, is jy nie opgewasse daarvoor nie. -Spr. 24:10
Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. -My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is. -Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor; in sy nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom red en hom in sy eer herstel. -Die ewige God is 'n skuilplek, sy arms is altyd onder jou. Hy verdryf die vyand voor jou uit, Hy beveel: 'Roei uit!'
Ek het gehoop op meegevoel, maar tevergeefs, op mense om my te troos, maar daar was nie een nie.
Elke hoëpriester is 'n mens wat uit die mense geneem en aangestel word om vir hulle by God in te tree. Hy kan meegevoel hê met die onwetendes en dwalendes. So het Christus,...Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is. En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword. Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra.
No comments:
Post a Comment